Monday, 24 October 2011

Heksie opdrag se kurrikulum


Aktiwiteit

Uitkomste

Voorkennis van sprokies verhaal.

LU 4:AS 1: Skryf om inligting oor te dra.
LU 4:AS 5:  Gebruik ontwikkelende voorkennis.
LU 5:AS 3:  kry inligting en skryf dit neer.
LU 6:AS 2:  Gebruik eenvoudige taalvorme om skriftelik te kommunikeer.

Soek antwoorde

LU 3:AS 3 Lees vir inligting
LU 3:AS 5 Lees vir genot en inligting

Heksie blokkiesraaisel

LU 1:AS 1:  Verstaan die storie.
LU 1:AS 2: Verstaan wat vir hul gese word en wat beskryf word.
LU 1:AS 4: Verstaan wat gebeur het sonder om dit te sê.
LU 3:AS 1  Verstaan elemente van stories.
LU 3:AS 3: Lees om inligting te verkry.
LU 3:AS 5:  Lees om dit te geniet en om te leer.
LU 4:AS 1: Skryf om inligting oor te dra.
LU 5:AS 2: Gebruik taal om te dink.
LU 5:AS 3:  Versamel inligting en vertoon dit op verskillende manier.
LU 6:AS 1:  Spel woorde korrek.
LU 6:AS 2:  Gebruik eenvoudige taalvorme om skriftelik te kommunikeer
LU 6:AS 3:  Ontwikkel sy/haar woordeskat

Identikit

LU 1:AS 3: Verstaan mondelinge beskrywings
LU 3:AS 3: Lees vir inligting
LU 3:AS 4:  Lees mediatekste
LU 4:AS 1: Skryf om inligting oor te dra




blokkiesraaisel

Heksie Blokkiesraaisel


Dwars:
4. Gifappeltjies se kleur is...
5. Liewe Heksie noem die Silwer Roos 'n Goue...
7. Liewe Heksie noem die koning...
8. Liewe Heksie se beste vriend se naam
Af:
1. Die koning van Blommeland is Koning...
2. Blommie is die .... kabouter in die land
3. Ander hekse toor paddas en ...
5. Liewe Heksie toor 'n ...
6. Liewe Heksie woon in ....
9. Koning Rosekrans noem Heksie dit

Die liewe heksie opdrag!!


Lees die volgende sprokie en beantwoord dan de vrae wat volg deur die blokraaisel volledig in te vul.

"Liewe Heksie en die Silwer Roos"
Deur  Verna Vels


In die blomkamer van koning Rosekrans se paleis staan Blommeland se kosbare Silwer Roos.  As die Silwer Roos ooit moet wegraak of gesteel word, sal al die blomme in Blommeland doodgaan. Dan sal koning Rosekrans en sy kabouters en Liewe Heksie nie meer ‘n land hê om in te woon nie.  Die lelike Gifappeltjies probeer altyd om die Silwer Roos te steel.  Hulle wil dit baie graat na Gifappeltjie-land neem.  Daarom moet daar altyd ‘n kabouter by die Silwer Roos waghou.

Eendag laat roep koning Rosekrans vir Liewe Heksie en Blommie Kabouter.  Hulle sit in die  troonkamer vir hom en wag.
“Heksie,” fluister Blommie, “sê nou die Koning is kwaad vir ons.”
“Haaie oe,” sê Heksie, “ek is ‘n bietjie bang.  Ek sal vir ons ‘n liedjie sing wat ek self gemaak het. dit is ‘n liedjie vir wanneer mens bang is.”
En Heksie sing alles op een noot:

“Liewe Heksie en Blommie is nie bang nie,
want koning Rosebaard kan hulle nie vang nie...”

“Sjjt, Heksie,” sê Blommie benoud, “hier is die Koning!”
“Ek het julle laat kom omdat ek wil hê julle moet by die Silwer Roos gaan waghou,” sê koning Rosekrans.
Blommie is baie bly. Die koning wou nog nooit gehad het dat hy by die Silwer Roos moet waghou nie, omdat hy Blommeland se kleinste kaboutertjie is.
“Blommie, jy moet help omdat die ander kaboutertjies al baie moeg is,” sê die Koning.
“Ek ook, koning majesteit, ek ook,” sê Heksie en lag dat haar enigste tandjie uitsteek.
“Ja, Levinia, maar ek wil geen moeilikheid hê nie,” sê die Koning streng, want hy weet hoe maklik Heksie in die moeilikheid beland.
“Ons sal die pragtige Silwer Roos baie mooi oppas, u majesteit,” sê Blommie.  “U sal nie jammer wees dat u ons laat help het nie.”
Liewe Heksie skud haar kop dat haar hoed byna afval en sê: “En daar sal niks moeilikheid wees nie, koning Rosebaard.”
“Rosekrans, Heksie,” fluister Blommie.
Die koning sug net en sê: ”Ek hoop nie so nie, Levinia, ek hoop nie so nie.2
Daardie aand sit Heksie en Blommie in die blomkamer by die Silwer Roos en waghou.
“Haai oe, die Goue Papawer is darem mooi nè, Blommie?” sê Heksie.
“Ai, Heksie, partymaal is jy darem baie toe,” lag Blommie.
Heksie trek haar hoed oor haar oë en huil.
“Sies, jy lag vir my,” sê sy.
“Ek is jammer dat ek gelag het, Heksie, maar dis ‘n Silwer Roos, nie ‘n gouer papawer nie.”  Blommie is nog dik van die lag.
“Ek weet nie van papawers nie,” sê Heksie.
Voor Heksie verder kan huis, sê Blommie: ”Ons moet nou stil sit en die deur dophou, Heksie.  Ons het die Koning belowe dat ons die Silwer Roos mooi sal oppas.”
Hulle sit so ‘n rukkie en toe sê Blommie:  “Heksie, jy moet ‘n bietjie slaap.  Ons kan nie altwee wakker bly nie.  Slaap jy eers, en dan sal ek slaap.”
“Nee, ek sal wakker bly, want ek wil ‘n liedjie maak,” sê Heksie.
“Goed, Heksie, maar jy moet my wakker maak as jy dalk ‘n Gifappeltjie sien,” sê Blommie.
Heksie kyk bangerig in die blomkamer rond.
“Hoe lyk hulle?” fluister sy.
“Sulke lelike kaboutertjies met geel klere,” sê Blommie.
“Ek weet nie van geel nie,” sê Heksie.
“Ag, Heksie,” sug Blommie en wys na die groot sonneblom.  “Daardie sonneblom is geel.”
Toe Blommie aan die slaap is, sing Heksie haar liedjie:

“Heksie en Blommie is nie bang nie
want koning Rosekrans kan hulle vang nie.
Die Gifappels se klere is geel
En hulle wil die papawer steel.”

Skielik is daar ‘n geklop aan die  deur. Dis sowaar die Gifappeltjies wat die Silwer Roos wil steel.
Heksie maak die deur oop. Sy het al klaar vergeet wat Blommie van Gifappeltjies gesê het. Sy sien net hulle waentjie.
“Haai oe, dis ‘n mooi waentjie, kan ek ‘n bietjie ry?” vra sy.
“Sjjt, jy moenie vir Blommie wakker maak nie,” sê die een Gifappeltjie.
“Kan ek ‘n bietjie ry?” fluister Heksie.
“Nee, ons kan nie tyd mors nie,” sê die ander Gifappeltjie kwaai.  “Die Koning het ons gestuur om die Silwer Roos te kom haal.”
“Die Silwer Papawer mag nie hier uitgaan nie,” sê Heksie.
“Ons weet,” sê die een Gifappeltjie, “maar die Koning het gesê ons moet dit daarbo in die  toringkamer gaan toesluit.”
“Ja,” fluister die ander een.  “Hy het gehoor dat die Gifappeltjies vanaand die Silwer Roos gaan probeer steel.”
“Ons moet die Silwer Roos op die wa kry,” sê die kwaai Gifappeltjie.
“Ek sal julle help,” sê Heksie en glimlag dat haar enigste tandjie uitsteek.
Voor Heksie en die Gifappeltjies die Silwer Roos op die waentjie kan laai, word Blommie kabouter wakker.
Hy skrik om boeglam toe hy die Gifappeltjies sien,  “Heksie,” roep hy uit.  “Wat maak jy en die Gifappeltjies?”
“Gifappeltjies?” sê Heksie verskrik.  “O, Griet!”
Skielik sê ‘n stem van die  deur se kant af: “Ja, Levinia, wat kan ek vir jou doen?”
Dit is Heksie se perd, Griet, wat sy partymaal per ongeluk toor.
“Haai, Griet, ek is so bly ek het jou getoor,” lag sy.
Toe die Gifappeltjies vir Griet sien, hardloop hulle deur toe.
“Keer hulle, Griet!” skreeu Blommie
“Toe maar, Blommie, hulle sal nie by my verbykom nie,” sê Griet en hy jaag die Gifappeltjies terug.
“Nou gaan ek julle  in julle eie waentjie toesluit,” sê Blommie kwaai.
“Heksie,” raas Blommie, “skaam jy jou nie.  Jy was besig om die Gifappeltjies te help om die Silwer Ros te steel.”
Heksie skud haar kop. “Is nie! Hulle het nie vir my gesê hulle is Gifappels nie.”
“Maar hulle het dan geel kleertjies aan.”  Blommie is sommer baie kwaad.
“Ek het ‘n bietjie vergeet van geel,” sê Heksie skaam
“Ek dink Levinia moet vir koning Rosekrans gaan vertel van die  Gifappeltjies,” sê Griet, en Heksie vlieg deur die venster om die Koning te gaan roep.
Daardie aand slaap die Gifappeltjies in Blommeland se tronk.
“Ja, Levinia,” sê die Koning, “jy kan bly wees Griet het julle kom help, anders was jy nou in die  tronk in plaas van die Gifappeltjies.”
“Ja, koning majesteit,” mompel Heksie.
Sy is ‘n bietjie skaam omdat sy nie die Gifappeltjies herken het nie.
“Nou ja,” sê die Koning. “Griet is nou hier om julle te help waghou.  Ek gaan slaap.”
Toe die Koning weg is, vra Blommie vir Griet waar hy sie meisienaam gekry het.
“By Heksie,” lag Griet. “Sy het ‘n bietjie vergeet dat dit ‘n meisienaam is.”
“Dis ‘n mooi naam,” sê Heksie, “daar is nie baie hekse wat se perde se naam Griet is nie.”
“Ek het nog nooit van ‘n heks met ‘n perd gehoor nie,” sê Blommie.
“Ek ook nie,” sê Griet.
“Ja, maar ek is nie soos ander hekse nie,” sê Heksie, “hulle toor paddas en muisvlerre...”
“Vlermuise, Heksie, nie muisvlerre nie,” lag Blommie.
“O ja,” sê Heksie, “hulle toor paddas en vlermuise, maar ek toor vir Griet.”

Spotprentjie

Die lesuitkomste


Lesuitkomste:

LEERAREA:  Afrikaans

GRAAD: 4

LEERUITKOMSTE:  Leeruitkomste 1:  Woordeskatontwikkeling
  • Die leerder sal in staat wees om sy/haar eie woordeskat uit te brei met behulp van blokkiesraaisels.

ASSESSERINGSTANDAARD:  Ons weet dit wanneer die leerder die volgende doen:
  • Die woorde uit die blokkiesraaisel vir eie doeleindes aanleer en in gespreke en skoolverband toe pas.

TEMA:  Blokkiesraaisels (Geformuleer deur die onderwyser).

KENNIS:  Aan die einde van die les sal die leerders in staat wees om:
  •  Die betekenis van die woorde in die blokraaisel tee e en te verduidelik.

VAARDIGHEDE:  Aan die einde van die les sal die leerders in staat wees om:
  • Leerders wat die woorde verkeerd gebruik of die verstaan nie reg te help en te verduidelik.

HOUDINGS:  Aan die einde van die les sal die leerders in staat wees om:
  • ‘n positiewe houding oor blokkiesraaisels, asook hul eie woordeskat uit te oefen.

WAARDES:  Aan die einde van die les sal die leerders in staat wees om:
  • Persoonlike waardes met betrekking tot blokkiesraaisels en eie woordeskat te verduidelik.